Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "eerste aand" - FANIE OLIVIER
"eerste aand" - FANIE OLIVIER [boodskap #8013] Sa, 11 Januarie 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
eerste aand
Fanie Olivier

in my binnebaadjiesak
is 'n blaar en 'n duifie
'n karba vol wyn
my klein prinses

die speke sjrr sjrr in die langpad
af na die huis toe;
agter lê berge en ys
my klein prinses

my hart kom aangejaag
saam met die wind en ek sing
soos ek kom
my klein prinses

in my binnebaadjiesak
is 'n blaar en 'n duifie
'n karba vol wyn
my klein prinses

ek ruik die bakoond bo die bossies uit
en jou roep bo die gekarring van die ketting
ek ruk my baadjie oop vir jou
my klein prinses

uit my binnebaadjiesak
'n blaar en 'n duifie
en 'n karba vol wyn
my klein prinses

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: Die Afrikaner: Manuel se einde in sig
Volgende onderwerp: Afrikaners in Toronto?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 10:28:35 MGT 2024